Welkom by die Geskenkhuisie

 

Die Geskenkhuisie is ‘n huismark in die hart van Zwartkop X8, Centurion wat sedert 2013 gedurende Kerstyd en ander groot geleenthede jaarliks ‘n Kersmark hou.

Ons Kersmark is om die draai

23 Nov – 21 Des 2024

09:00 – 18:00

Wat om te verwag

Daar is ietsie vir almal; van kollegas en onderwysers tot familie en vriende.

lngemaakte produkte, heerlike tuisgebak, juweliersware, kinderspeelgoed, mooigoed vir huis en tuin, lyfprodukte, bederfies vir oud en jonk en vele meer teen sakpas pryse.

Besoek ons

57 Phyllite Ave,
Zwartkop,
Centurion,
0051

(Wanneer ons nie ‘n mark aan het nie, is ons steeds oop per afspraak)

Word 'n uitstaller

As jy graag wil hê dat jou produkte deel moet wees van ons volgende mark kan jy ons gerus kontak vir meer inligting

Meer Oor Ons

Hoe die geskenkhuisie begin het

Die Geskenkhuisie is ‘n huismark wat geleë is in die hart van Zwartkop X8, Centurion. Die idee van ‘n eerste Kersmark het pos gevat in 2013 toe ons besef het daar bestaan ‘n behoefte vir goeie kwaliteit, unieke, hoofsaaklik handgemaakte geskenkprodukte waarby ons lokale gemeeskap betrokke kan raak.

waar kom ons naam vandaan

Die naam “Geskenkhuisie” is presies wat dit sê  : Geskenke beskikbaar by ‘n huis.  Inkopies kan te enige tyd gemaak word per afspraak deur die jaar gedurende tye wat ons klante pas, veral in ag genome die stywe pas waarteen werkende persone vandag moet funksioneer.  Nie almal het tyd om by besige inkopiesentrums uit te kom buite werksure nie.  Ons is enige tyd asook na-ure en op naweke beskikbaar om ons klante te bedien mits daar ‘n afspraak gemaak word vir’n vaste datum en tyd.

wat presies is die geskenkhuisie

Die Geskenkhuisie is ‘n een-stop winkel wat unieke geskenkies aanhou vir oud en en jonk teen bekostigbare pryse.  Ons het in 2013 ons eerste Kersmark begin met ongeveer 14 uitstallers en het gegroei tot ongeveer 50 uitstallers in 2024.  Ons bied die geleentheid vir lokale uitstallers van ons eie omgewing asook uitstallers van regoor Suid-Afrika om deel te wees van ons Kersmarkte en mini-markte deur die loop van die jaar.

Skenkings

Ons Kersmark uitstallers skenk elke jaar ‘n geskenk item wat ons instaat stel om een groot geskenkpak “hamper” op te maak.  Besoekers aan die Kersmark maak klein skenkings/donasies om in aanmerking te kom vir ‘n gelukkige trekking aan die einde van elke mark .  Alle fondse wat ingesamel word, word elke jaar aan ‘n liefdadigheidsorganisasie geskenk.  Op so ‘n manier gee Die Geskenkhuisie terug aan die gemeenskap.

Organisasies aan wie skenkings gemaak is sedert 2013 is:

  • Feed a child
  • Lokale GPF
  • DBV Centurion
  • El Shalem Haven
  • Huis Ebenhaeser
  • The Caring Overcomers, Centurion
  • World of Vision (gebruikte brilrame vir herwinning wat geskenk word aan minder bevoorregtes)
  • GROOTFM 90.5 Gemeenskapsfonds (Careson Angel)

Ons Missie

Dit is vir Die Geskenkhuisie ‘n voorreg om blootstelling te bied aan lokale klein intrepeneurs om hul produkte hier te verkoop en sodoende ook ‘n bydrae te maak aan ons lokale gemeenskap.

Die Geskenkhuisie is UNIEK want dit bied ‘n ietsie ANDERS wat nie in gewone kettingwinkels en op die internet te koop is nie. Ons beskik oor kaartfasiliteite en produkte kan ook op spesiale versoek landwyd per koerier versend word teen aankoper se koste.

Ons sien uit om u van diens te wees!!

 

    Ander groot geleenthede

    Deur die loop van die jaar maak die geskenkhuisie sy deure oop vir groot geleenthede soos Moedersdag, Vadersdag ens.

    Hou ons sosiale media dop vir meer inligting oor opkomende markte.

    Enige ander dag van die jaar is die geskenkhuisie ook oop, maar slegs per afspraak.